Nou met die volkaan wat in Ysland sy warm rooi melkies oor die aarde gestroei het word ons herinder van die ou mite van Ys en Vuur.
En dit laat my dink aan 'n geestelikheid wat ouer as meestal mens gekweekde gelowe is. Iets oerouds. Stof en mis, donker groen woude, opgewonde see waters, besonderse mineraal berge.
Voor die gode ontwaak het, voor 'n God geskep was en voor die mens bang gevoel het.
Ek kan beslis nie baie se oor die werklike geskiedenis van die aarde nie maar hier praat ons oor die argitiep van 'n heidense verstand. Nie iemand of een 'persoon' se verstand nie maar die ope, speelagtig en wilde verstand van die naakte wese.
Ons is almal die volkaan, en vaneer ons bars en donker wolke oor die land verskaf wys ons die nodige aggressie wat skep - ook dat ons wilig is om te gee.
Die kaos wat stilte begeer. Die passie speel van vuur en ys. Na die sang van 'n berg wat lank geslaap het en die ewe skielik wakker gaap verander die land weer, die droom stroom oor in transvormasie. Verder dan 'n sneeu kapsel le rustig op die getransvormeerde volkaan en die as-wolke verander in pers horison wolke. Die hemel, eens bloedstroom rooi en senuwee weerligagtig, is nou suiwer medisyne blou. Die land is vrugbaar, sexueel gesond.
Dit is jou verandwoordelikheid en harts' geskenk om terug na 'n visie van gesonde simplisiteid te trek, as dit jou keuse is. Nie te veel daar oor dink nie.
En
Net nie te lank wag nie.
Kreativiteid kan ontplof as dit nie spasie gegee word nie.
Maar as dit ook te lank ingehou word kan jou volkaan in mekaar in sak.
22.4.10
Subscribe to:
Post Comments (Atom)


No comments:
Post a Comment